Blokkiesraaisel Woordeboek User Reviews

Top reviews

Goeie app

Maak asb die antwoorde “live” se nou jy soek vir die woord VERLOF, dan kom daar nou sê nou 5 antwoorde op, en dan sal een antwoord VAKANSIE wees, dan moet jy op VAKANSIE kan druk /kliek en dan moet dit antwoorde /sinonieme vir VAKANSIE gee, sodat mens vinniger by n antwoord kan uitkom, baie dankie

Watse

Die Watse deel van blokraaisel werk nie meer sedert die opgradering nie. Wys net n skoon blabsy as jy watse knoppie druk.

Good!

Jip!

Mors van geld

Moet nie koop nie

Super App

Super app for Blokkiesraaisels

Blokraai app

Die app werk baie lekker, maar as dit besluit om te staak,dan moet mens alles van vooraf oplaai.

Groete

Willem

Good intentions, bad execution.

The app idea is great, the execution not so much.

Definitely not worth paying for.

Werk

Bietjie iriterend dat as jy die volgende woord wil in tik jy eers moet "touch" om die kruisie te kry om die "field " te kan "clear" sodat jy kan begin tik 🤔aan die volgende woord, sit asb n CLEAR knoppie in of maak dat die "FIELD" automaties skoonmaak wanneer jy die volgende woord wil begin tik😉

As jy n nuwe woord soek spring die antwoorde nie weer na die eerste/ boonste woord nie jy moet dan op scroll om van bo te kan begin, dit is iets basies 🤔

Sal ook nogal oulik wees as die resultate kan gesorteer word op of alfabeties, of op woordlengte( hoev karakters) sodat jy sommer vinnig kan scroll tot by die woorde wat 5 of 3 of 10 ens letters het i.p.v. om te kies : woorde wat 3/5/10 of 12 letters lank is ( dit is vinniger om af te scroll tot by die hoev letters as om te gaan kliek jy soek woorde van .... soverl letters lank
Show more

Works well

I have never had the patience to undertake all the processes that are needed to complete a crossword puzzle, so I have never built up an instinct. Now I can complete a crossword puzzle in AFRIKAANS! That must count for something.

It almost feels like cheating.

Ed Coulson

'n Moet vir blokraailiefhebbers

Ek gebruik hierdie app al geruime tyd om my daaglikse blokraaie in te vul. Behalwe dat dit altyd byderhand is waar ek ookal gaan, bevat dit funksies wat jy nie in gewone naslaanboeke sal vind nie. Dis vinnig en stabiel. Toe ek eenmalig 'n probleem gehad het tydens die oorskakeling na die nuwe IOS 8, het die ontwikkelaar my binne 15 minute geantwoord en die probleem blitsvinnig opgelos. Dit sou egter lekker gewees het as mens jou eie leidrade kon byvoeg.
Show more

App buggy and limited

I find the app limited in terms of possible answers. The answer section does not work properly and seems to be buggy. The app closes at random on both Ipad and Iphone. Would I buy it again if I had the option, definitely not!

Nee wat

Die “Antwoord”- en “Leidraad”-funksie wil niks meer soek nie. Die ikoon wat draai om te wys dat ’n verwerking plaasvind draai vir ure aaneen sonder enige resultate.

Ek is ’n blokraai-entoesias, daarom het ek hierdie toep afgelaai. Dit werk regtig goed maar daar is talle leidrade wat kortkom. Voorts sou dit help indien ’n mens dalk ’n opsie het om self leidrade by te voeg (iCloud-berging kan hiervoor gebruik word).
Show more

Goeie program

Baie goeie program. Kon sover al my blokkiesraaisels voltooi. Moet wel bietjie tussen die verskillende afdelings rond spring maar kry tog die oplossing op een of ander wyse. Die Resultaat afdeling werk sover die beste. Die leidraad afdeling tel nie alles op nie , seker omdat daar soveel maniere is om n leidraad te gee. Daarom sal ek graag n funksie wil he om my eie leidrade en antwoorde te kan stoor en moontlik terug te kan stuur om in n volgende uitgawe van die program gepubliseer te word. Maar oor die algemeen, n baie goeie hulpmiddel.
Show more