“Bedoel jy dalk”-funksie
Die “bedoel jy dalk”-funksie is ongelooflik handig, baie dankie!
Nuttig
Baie nuttig en ek kan vinnig naslaan of ek die regte spelling van 'n woord het. Prima!
Baie behulpsaam
As onderwyser gebruik ek die app daagliks. Hou van die nuwe, skoon uitleg.
Terugvoer
Dit werk lekker maklik. Gee mens genoeg opsies van bronne en verduidelik goed.
Baie tevrede
Ek het lank gewag vir ‘n nuwe bywerking van hierdie app. Ek gebruik die app daagliks!
Nuttige app
Werk baie goed en nuwe bronne word bygewerk.
Terrible
Dit het gese die e-Pos adress was alklaar gebruik
Werk nie
Ek kan glad nie by my profiel in kom nie. Die toep vra my oor en oor vir my besonderhede en dan laai dieselfde bladsy net weer. Dit was ‘n plesier om die toep voorheen te gebruik. Nou werk niks nie. Uiters swak
Nie maklik on te gebruik nie
Vra oor en oor jou passwords en skakel jou uit die app uit.
Frustrerend
Jammer maar die registrasie proses werk nie. Die vorige Viva app was ‘n plessier, ongelukkig nuwe foon gekry wat nie die ou app ondersteun nie. Frustreerd uit my skoene uit… baie teleurgesteld.
Hannes
Nee! Hierdie gaan nie Afrikaans bevorder nie; julle gaan met iets beter vorendag moet kom. Die toep hak baie vas en dit is moeilik om te registreer. Julle gaan veral nie die jonger generasie met die tanse formaat en toepsinchronisasie lok nie.
Beperkte funksionaliteit
Ek is gaande oor die VivA-woordeboektoep, maar ongelukkig het die nuwe weergawe nie meer die funksies wat aantoon uit watter woordeboek die opgesoekte woord kom nie, en ook nie meer die tesourus-funksie nie. Laasgenoemde was in die verlede besonders bruikbaar. Ek hoop dat dit weer in die toekoms sal deel vorm van die toep.
Show more
Beperkte woordeboeke
Hierdie toep werk goed, maar daar is baie minder woordeboeke beskikbaar as op die webwerf. Met meer woordeboeke kan toep baie waardevol wees.
Die toep werk nie
Het die toep afgelaai. Kon gebruiker skep en e-pos verifieer, maar as jy probeer inteken stop die toep eenvoudig en wys net ‘n wieletjie wat draai.
